Wees die beste wat jy kan wees met neuro-emosionele lewensvaardighede van die BrainTribe
Bou 'n sterker toekoms vir jou leerders! Ons programme help skole om innoveerende leerervarings te skep wat akademiese groei en kreatiwiteit bevorder.
Gee jou kind die beste geleentheid om te groei! Sluit aan by ons gemeenskap van ouers wat hul kinders se opvoeding en ontwikkeling ondersteun met waardevolle hulpbronne en wenke.
Maak ’n verskil deur te belê in die toekoms! Ondersteun ons missie om opvoeding en gemeenskapsontwikkeling te bevorder deur jou maatskappy se betrokkenheid.
Ontwikkel lewensvaardighede en emosionele bekwaamheid wat jou Brein en Hart laat saamgroei
Bou 'n klaskamer vol emosioneel bekwame Breinhelde! Ons programme help onderwysers deur maklike, praktiese en wetenskaplik-gefundeerde leerervarings wat prettig, doeltreffend en volhoubaar is.
Gee jou kind die beste geleentheid om te groei! Sluit aan by 'n gemeenskap van BrainTribe-ouers wat hul kinders se opvoeding en emosionele ontwikkeling ondersteun met waardevolle hulpbronne en wenke.
Belê in Breinkrag en verander die emosionele Breinreis van 'n kind se toekoms. Word 'n Breinheld en laat jou maatskappy in die 'hartklop' van 'n gemeenskap 'n verskil maak.
Ons programme, met hul oorsprong uit sielkunde, emosionele inteligensie, lewensafrigting en neurowetenskap, help kinders om:
‘n Tasbare ervaring, deurweek met beweging, klank en interaktiewe leer. Dit sing vas in hulle harte met ‘n ‘brein-ontploffing’ van selfvertroue, vreugde en lewenslange leerlus.
Emosionele intelligensie is die bewusheid van jou eie emosies en om jou en ander se gevoelens te verstaan. Dit gaan daaroor om jou emosies te reguleer, effektief op emosies in ander te reageer en positiewe verhoudings te skep.
Selfone en sosiale media verminder persoonlike interaksie tussen mense. As volg hiervan leer kinders nie meer sosiale vaardighede aan nie. Dit is waarom dit noodsaaklik dat jou kind leer om emosioneel intelligent te wees. Lees meer oor emosionele intelligensie en waarom dit vir jou en jou kind belangrik is.
Fokus op die vermoë om emosies eerlik te voel, uit te druk, en te verwerk.
Gabor Maté koppel dit aan gesondheid en die belangrikheid daarvan om nie emosies te onderdruk nie.
Gaan oor egtheid en selfbeskerming.
Fokus op vermoëns soos selfbewustheid, selfregulering, empatie en sosiale vaardighede.
Gewild gemaak deur Daniel Goleman – meer prestasie- en verhouding-georiënteerd.
Gaan dikwels oor aanpassing, sukses en sosiale funksionering.
Soms, as dinge moeilik raak, help BrainBuddy jou kind om mooi en kalm te bly – dit is emosionele intelligensie: hulle weet iemand anders is kwaad of hartseer, en hulle probeer vrede bewaar. Maar… as Ou Koei dan stil-stil in die sloot begin val en Wagter knor en sy stert hou op waai , beteken dit dalk dat jou kind hul eie woede of seer binne hou.
Emosionele bekwaamheid is wanneer BrainBuddy dapper sê: “Ek hoor jy’s kwaad, maar ek het ook seer. Ek wil hê jy moet weet dit het my ook geraak.”
So leer ’n kind om nie net slim met ander se gevoelens om te gaan nie, maar ook sagkuns met hulle eie hart en selfversekerd met persoonlike grense – sonder om te blaf soos Wagter of weg te kruip soos Ou Koei.
Kinders wat nie leer om hul emosies te herken en uit te druk nie, kan ontwikkel in volwassenes wat hulle gevoelens onderdruk en hulle eie behoeftes ignoreer. Hierdie patroon van selfverwaarlosing en emosionele onderdrukking kan lei tot chroniese stres, wat die immuunstelsel verswak en die risiko vir siektes verhoog. – Dr. Gabor Maté
Ons kursusse is ontwerp om kinders te help om:
Die lewensvaardighede wat hulle hier leer, sal vir jare voordele inhou!
Ons programme help kinders om met hul hele BrainTribe op te daag:
Só word hulle toegerus vir die lewe, ongeag die rigting. Dis lewensvaardighede wat in elke brein diamante ontgin – vir vandag én môre!
Die BrainTribe neem jou kind op ’n avontuur deur hul dapper keuses, sagte selfspraak, slim onthou, en kalm emosies. Die 5-karakters verteenwoordig Brein-strukture en gedagte patrone wat hulle help om hulself beter te verstaan.
In die boek “When the Body Says No”, beskryf Dr. Gabor Maté hoe belangrik emosionele eerlikheid en verwerking van emosies is vir ons gesondheid. In eenvoudige taal:
Hoë emosionele intelligensie word toenemend belangrik in vandag se wêreld en sal jou kind ‘n voorsprong gee in die skool en hul toekomstige loopbaan.
Ons help al sedert 2013 vir kinders en onderwysers om hul emosionele intelligensie en sosiale vaardighede te verhoog.
Ons BrainTribe Digi-Rugsak kursus is binnekort ook aanlyn beskikbaar sodat kinders hul emosionele intelligensie in die gemak van hul huise te verhoog.
Hierdie aanlyn kursusse verseker dat jou kind hoër emosionele intelligensie ontwikkel wat hulle voorberei vir sukses op alle terreine van hul lewe.
In ’n wêreld waar kinders al hoe meer moet aanpas, presteer en sigbaar bly tussen mense en tegnologie, is hoë emosionele intelligensie en bekwaamheid nie meer ’n “nice-to-have” nie – dit is ’n noodsaaklikheid!
Dit is die verskil tussen ’n kind wat net mooi glimlag en alles emosioneel ‘opvreet’, en ’n kind wat dapper genoeg voel om te sê: “Ek voel seer – maar ek weet hoe om deur dit te werk.”
Kinders wat hul gevoelens kan verstaan én verwerk, vaar nie net beter op skool nie – hulle bou sterker vriendskappe, behou gesonder grense, en stap met BrainTribe selfvertroue in hul toekoms in.
Stel jou voor: ’n Skool gemeenskap waar kinders, ouers en onderwysers dieselfde emosionele taal praat en:
• Keuses met BrainBuddy se wysheid maak,
• Emosies saam met Wagter verstaan,
• Saam met Piet onthou wie hulle ís,
• Nie in Bob se BOBkommernisse vas val nie,
• en soos Ou Koei mooi met hulle self praat.
Gesels vandag nog met jou kind se onderwyser of skoolhoof en vra vir die BrainTribe-program.
Lees meer oor ons skoleprogramme en hoe ons jou skoolgemeenskap kan ondersteun
Los solank jou kontak besonderhede hieronder terwyl ons die laaste paar rakke pak.
Jou brein verdien die beste! By BrainTribe bied ons wetenskaplik geformuleerde breinondersteuningsprodukte wat jou help om skerper te dink, beter te fokus en jou geheue te verbeter. Of jy akademiese prestasie wil verhoog, jou werkverrigting wil verbeter, of net ‘n skerper verstand wil hê – ons het die regte oplossing vir jou.
“Raising children who are hopeful and who have the courage to be vulnerable means stepping back and letting them experience disappointment, deal with conflict, learn how to assert themselves, and have the opportunity to fail.” -Brené Brown, Daring Greatly.
Berei jou kind voor vir die toekoms! Los jou naam en kontakbesonderhede vir meer inligting oor die BrainTribe reis.
Dis meer as huiswerk en hoë punte. Dis meer as sport en balle skop. Dis meer as optredes en praatjies. Dis jou kind se hele toekoms binnewêreld – en jy het die sleutel om dit oop te sluit. Hier is jou kans om jou kind nie net te leer oor die wêreld nie, maar oor hulleself – met behulp van die BrainTribe-karakters wat elkeen ‘n superkrag aanwakker:
Kopiereg van webontwerp © 2025 The Marketing Zoo & FW