Ons kinders word vandag groot in ’n wêreld waar hulle emosionele welstand onder groot druk is:
Hierdie patrone is oral sigbaar: kinders se lag verdwyn, meer depressie, meer angs, gedragsprobleme, konsentrasie probleme — en kinders wat worstel om emosioneel te floreer.
Ouers het ondersteuning nodig. Ons kan nie verwag om alleen deur hierdie nuwe wêreld te navigeer nie.
BrainTribe bied vir ouers en kinders ’n eenvoudige, prettige Taal om oor emosies te praat — om angs, hartseer, kwaad wees, sosiale onttrekking, oorstimulasie en selfbeeld-uitdagings te verstaan én gesonde gewoontes te kweek.
Met BrainTribe as Emosionele Taal klop kop en hart weer saam.
Blaf jou Wagter ook oor hierdie negatiewe ‘statistieke’ — en voel jou BrainBuddy soms ook raadop?
Jy is nie alleen nie en jy is op die regte plek.
“Kan ‘Peek-a-boo’ jou kind se toekoms vorm? Kyk hoe 7-jarige Molly Wright illustreer hoe saamspeel en aandag jou kind se brein bou!”
“Ek hoor wat jy sê, maar ek sien wat jy doen.” — Goethe
“Ek het geleer dat mense sal vergeet wat jy gesê het, mense sal vergeet wat jy gedoen het, maar mense sal nooit vergeet hoe jy hulle laat voel het nie.” – Maya Angelou
Kinders onthou nie altyd wat jy gesê het nie, maar hóé hulle gevoel het toe jy dit gesê het, sal hulle nooit vergeet nie.
Jou teenwoordigheid bou ’n brug van vertroue.
“Dis maklik om ’n ouer te word, maar dit is moeilik om ’n goeie ouer te wees.” — Anoniem
Is jou naam bo-aan die lysie van diegene met wie jou kind mee sal praat?
Wat sien jou kind wanneer hulle na jóú kyk?
Die antwoord kan hulle toekoms verander.
“The question isn’t so much ‘Are you parenting the right way?’ as it is ‘Are you the adult you want your child to grow up to be?'”
— Brené Brown
Daar ís hope Hoop – BrainTribe is die brug waar ouers, onderwysers en kinders leer om deur gesonde rituele, dieselfde Taal van kop én hart te praat.
“Ek het ‘n dogtertjie wat vreeslik angstig is, Graad 3. Dis die eerste week wat daar geen angstigheid is nie. Sy het die BrainTribe week bygewoon, en het elke oggend opgestaan met ‘n ‘smile’ op haar gesig.”
– Mamma en Graad R Juffrou, Piketberg.
Kom kuier Op die Bank saam met Igna Kotzé en die BrainTribe — ’n prettige video-reeks vol slim keuses, emosies, herinneringe, planne en self-omgee, met wenke wat jy sommer dadelik tuis kan toepas.
Met ‘n holistiese benadering deur die lens van neuro-wetenskap help sy kinders om hul lywe, emosies en breine in balans te kry – sodat hulle met selfvertroue kan doen, voel en dink.
Kyk saam hoe Igna antwoord op vrae soos:
• Hoe help BrainBuddy met fokus?
• Waarom blaf Wagter soms so hard?
• Kan ons Piet help onthou ?
• Wat se raad het sy vir Bob oor BoBkommernisse?
• Hoe leer Ou Koei meer van skatgedagtes?
Kort video’s. Groot insigte. Vol pret, hoop en wysheid.
“As ons kinders leer hoe om hul lyf, hart en brein saam te laat werk, leer hulle hoe om met vertroue in die lewe te stap.” — Igna Kotzé
Pak saam met BrainTribe in vir die lewensreis!
Elke kind verdien ’n emosionele kompas. Elke ouer ’n padkaart.
Die Digitale Rugsak is ’n maandelikse skatkis vol pret, insig, lag en gesonde gesinsrituele.
Prettige aktiwiteite – ontdek, speel, bou en lag
Inkleurprente – met stories agter elke karakter
Kuns-kaskenades – kreatiewe pret vir klein handjies
BrainTribe Stories – om self voor te lees of saam te luister
Pretgedigte en liedjies – maklik om te onthou, lekker om te sing
Gesinspeletjies – speel saam met die BrainTribe
Ouerwenke – hoe om emosies te verstaan, te hanteer en te leer
Familietyd-voorstelle – eenvoudige maniere om te ‘connect’
Vrae vir gesels en groei – praatjies wat harte oopmaak
Kind-alleen-aktiwiteite – vir onafhanklikheid en fokus
Verskillende ouderdomme – een aktiwiteit, almal ingesluit
BrainTribe vir ‘Grootmense’ – want ouers het ook ‘n BrainTribe in hulle kop
NS: “Tuisleerders (HomeSchoolers), hou vas — ons is op Wagter se stert met iets splinternuut en nét vir julle… wag net en sien!”
Die Digitale Rugsak is nie net nog aktiwiteite nie – dis doelbewuste ouerskap in aksie.
Teken vandag in en reis maandeliks saam met die BrainTribe.
BrainBuddy is nog besig om hierdie spesiale Rugsak vol te pak met prettige idees, stories en hulpmiddels vir jou gesin.
Laat jou e-pos hieronder en ons laat weet jou eerste sodra dit gereed is.
Dankie dat jy saam met ons die avontuur aanpak!
“Vir ‘n kind word liefde gespel: T-Y-D”
– Zig Ziglar
“Die beste tyd om ’n boom te plant was 20 jaar gelede. Die tweede beste tyd is nou.”
— Chinese spreekwoord
BrainTribe: Waar jou kop en hart saamklop.
Die lewensveranderde neuro-emosonele ontwikkelings reeks vir jong kinders.
Waarom noem ons dit ‘n rugsak as dit nie ‘n regte rugsak is nie?
Ons noem dit ‘n rugsak, want jou kind sal die kennis wat hiermee opgedoen word saam met hulle dra en dit op elke aspek van hul lewe kan toepas.
Die BrainTribe Digi-Rugsak is 'n aanlyn program wat deur stories en aktiwiteite kinders help om hul emosies te verstaan en effektief te hanteer, wat lei tot verbeterde lewensvaardighede en besluitneming.
Sedert die begin van tyd is stories gebruik om waardevolle kennis tussen generasies te deel.
In ons maandelikse Digi-Rugsak gebruik ons stories om kinders van hul emosies te leer en gepaste maniere te ontdek om verskillende emosies te hanteer.
Ons gebruik stories om jou kind aan die Brain Tribe, hul ervarings en waardevolle insigte, bekend te stel. Jou kind gaan dit so baie geniet dat hul nie eens besef hulle is besig om noodsaaklike lewensvaardighede aan te leer nie!
Buddy en sy vier vriende gaan jou kind leer hoe om hulself beter te verstaan. Die stories van hulle avonture sal jou kind help om beter besluite te neem.
Elke Digi-Rugsak bevat opvoedkundige stories, speletjies en ander interessante projekte. Jou kind gaan dit geniet om al die verskillende aktiwiteite te verken!
Die speletjies sal jou gesin ‘n geleentheid gee om meer tyd saam te spandeer en goeie herinneringe te skep.
Die kennis opgedoen deur BrainTribe stel jou kind instaat om:

Die onbeperkte krag van hul eie verstand te ontdek.

Bo vrese en omstandighede uit te styg.

Getrou aan hulself te wees.

Hul heel beste lewe uit te leef deur positiewe transformasie
Gee jou kind ‘n voorsprong in die lewe deur vandag by ons aan te sluit. Ons bewese metodes sal verseker dat hulle gereed is om enigiets aan te pak wat oor hul pad kom.
Gee jou kind ‘n voorsprong in die lewe deur vandag by ons aan te sluit. Ons bewese metodes sal verseker dat hulle gereed is om enigiets aan te pak wat oor hul pad kom.
Kopiereg van webontwerp © 2025 The Marketing Zoo & FW
Igna Kotzé – stigter van IK Edu-Child Therapy – is op ‘n missie om ouers en kinders met gedrag en leeruitdagings te ondersteun.
Sy is ‘n spesialis in hantering van:
* neuro-ontwikkelings agterstande
* lees- en leeruitdagings
* moeilike gedrag
* skoolgereedheid en
* studiemetodes