Jou kind kan hul ware potensiaal bereik!

Wees die beste wat jy kan wees met neuro-emosionele lewensvaardighede van die BrainTribe

Skole

Bou 'n sterker toekoms vir jou leerders! Ons programme help skole om innoveerende leerervarings te skep wat akademiese groei en kreatiwiteit bevorder.

Ouers

Gee jou kind die beste geleentheid om te groei! Sluit aan by ons gemeenskap van ouers wat hul kinders se opvoeding en ontwikkeling ondersteun met waardevolle hulpbronne en wenke.

Korporatiewe Borge

Maak ’n verskil deur te belê in die toekoms! Ondersteun ons missie om opvoeding en gemeenskapsontwikkeling te bevorder deur jou maatskappy se betrokkenheid.

Baie dankie van die BrainTribe Span!

Met diepe waardering vanuit die Brein-Kwartiere!

Wat is Emosionele Intelligensie?

Emosionele intelligensie is die bewusheid van jou eie emosies en om jou en ander se gevoelens te verstaan. Dit gaan daaroor om jou emosies te reguleer, effektief op emosies in ander te reageer en positiewe verhoudings te skep.

Waarom maak dit saak?

Selfone en sosiale media verminder persoonlike interaksie tussen mense. As volg hiervan leer kinders nie meer sosiale vaardighede aan nie. Dit is waarom dit noodsaaklik dat jou kind leer om emosioneel intelligent te wees. Lees meer oor emosionele intelligensie en waarom dit vir jou en jou kind belangrik is.

Ouderdom-spesifieke kursusse

Ons kursusse is ontwerp om kinders te help om:

Die lewensvaardighede wat hulle hier leer, sal vir jare voordele inhou!

Jou bydrae maak nie net ’n verskil nie – dit maak ’n lewensverskil. Omdat jy gee, kan kinders leer hoe om hulle emosies te verstaan, hulle koppe en harte saam te laat klop, en sterker te staan in die wêreld.

Elke donasie is soos ’n saadjie wat jy plant – ’n saadjie van hoop, moed en kalmte. Ons BrainBuddy glimlag, Wagter se stertjie waai, Piet onthou die goeie oomblikke, Bob maak nuwe planne, en Ou Koei vertel elke kind: “Jy is waardevol.”

Dankie dat jy saam met ons bou aan ’n generasie wat emosioneel gesond, wys en vol lewe is. Jou hartklop is nou deel van die BrainTribe Verskilmakers🙏

Hoë emosionele intelligensie word toenemend belangrik in vandag se wêreld en sal jou kind ‘n voorsprong gee in die skool en hul toekomstige loopbaan.

Ons help al sedert 2013 vir kinders en onderwysers om hul emosionele intelligensie en sosiale vaardighede te verhoog.

Ons BrainTribe Digi-Rugsak kursus is binnekort ook aanlyn beskikbaar sodat kinders hul emosionele intelligensie in die gemak van hul huise te verhoog.

Hierdie aanlyn kursusse verseker dat jou kind hoër emosionele intelligensie ontwikkel wat hulle voorberei vir sukses op alle terreine van hul lewe.

Ontsluit jou brein se volle potensiaal

Natuurlike ondersteuning vir beter fokus, geheue en breinkrag.

Jou brein verdien die beste! By BrainTribe bied ons wetenskaplik geformuleerde breinondersteuningsprodukte wat jou help om skerper te dink, beter te fokus en jou geheue te verbeter. Of jy akademiese prestasie wil verhoog, jou werkverrigting wil verbeter, of net ‘n skerper verstand wil hê – ons het die regte oplossing vir jou.

Bel Ons : 083 254 7711

Epos : info@braintribe.co.za

Adres : 13 Franklin Street, Meiringspark, Worcester 6850

Moenie dat jou Gesin uitmis op die BrainTribe-avontuur nie

“Raising children who are hopeful and who have the courage to be vulnerable means stepping back and letting them experience disappointment, deal with conflict, learn how to assert themselves, and have the opportunity to fail.” -Brené Brown, Daring Greatly.

Berei jou kind voor vir die toekoms! Los jou naam en kontakbesonderhede vir meer inligting oor die BrainTribe reis.

Whatsapp ons : 076 576 1969

Epos : info@braintribe.co.za

Hart-bou en Brein-bou begin by BrainTribe

Nou is dit in jou hande!

Dis meer as huiswerk en hoë punte. Dis meer as sport en balle skop. Dis meer as optredes en praatjies. Dis jou kind se hele toekoms binnewêreld – en jy het die sleutel om dit oop te sluit. Hier is jou kans om jou kind nie net te leer oor die wêreld nie, maar oor hulleself – met behulp van die BrainTribe-karakters wat elkeen ‘n superkrag aanwakker:

1

hul emosies en reaksies te verstaan,

2

die uitdagings van grootword te oorkom,

3

in hoë druk omstandighede, van skoolbank tot rusbank, te floreer, en

4

hul kanse vir ‘n suksesvolle toekoms te verseker!

met BrainBuddy om slim te kies,

Afr
Eng
met Wagter om emosies te kalmeer,
Afr
Eng

met Piet om dapper gedagte te onthou,

Afr
Eng

met Bob om nie in ‘Worries” vas te haak nie,

Afr
Eng

met Ou Koei om sag met hulle self te praat,

Afr
Eng

Dis nie net leer nie - dis waar jou kop en jou hart saamklop.