Gee 'n Geskenk
Gee ‘n maand vol stories, speel en saamwees
Die Digitale Rugsak is ‘n maandelikse avontuur vir gesinne met kinders tussen 4 en 10. Binne-in wag stories, kuns-kaskenades, speletjies, dans en gedigte. Alles help kinders om hul gevoelens beter te verstaan en saam met die gesin te groei, waar jou kop en hart saamklop.
Met ‘n Rugsak-geskenkbewys gee jy een maand se toegang aan iemand vir wie jy omgee.
Hoe werk dit?
- Koop die geskenkbewys veilig via Payfast.
- Ons e-pos binne 24 uur ‘n persoonlike geskenkkode aan jou. Hierdie kode is vir 6 maande geldig.
- Stuur die kode aan jou vriend of familielid.
- Hulle teken in op ons webwerf, gebruik die kode, en die Rugsak rits oop!
Vrae? Kontak ons gerus by braintribe3@gmail.com
